Die Lighuis AGS Gansbaai

WELKOM BY JOU FAMILIE IN CHRISTUS

JESUS ONS AAS. SIELE ONS VANGS

PSALMS 36:10

Want by U is die fontein van die lewe; in U lig sien ons die lig

PSALMS 36:10

Want by U is die fontein van die lewe; in U lig sien ons die lig

WEEKLIKSE BYEENKOMSTE

GEBEDS AANDE

Elke Dinsdag | 18:00

As jy oorlaai is en voel of jy rus nodig het, dan nooi ons jou uit om ons gebeds aande by te woon. As jou hart brand vir herlewing in en rondom Gansbaai, dan nooi ons jou uit om te kom. Almal is welkom. Sien jou daar.

YOUTH IGNITE

Elke Vrydag | 18:00

As jy ‘n tiener is wat tussen graad 7 of 12 is dan nooi ons jou uit op ‘n Vrydag aand om saam met ons samesyn, pret te hÊ en waar ons ook dieper in God se woord gaan duik. Ons kom elke Vrydag by mekaar tydens die school kwartale by die kerk. Die heke en deure maak 17:30. Kan nie wag om jou daar te sien nie.

SONDAE OGGEND DIENSTE

Elke Sondag | 09:00

Ons nooi jou uit om saam met ons as die kerk die Here se naam groot te kom maak en na ‘n geesvervulde woord te kom luister. Na die tyd het ons ‘n samesyn waar ons ‘n lekker koppie koffie of teatjie drink en net lekker gesels. Kom maak ‘n draai, ons sien uit om jou te ontmoet.

IMPACT KIDS

Elke Sondag | 09:00

Ons kinderkerk is elke Sondag tydens die Sondag oggend dienste aan die gang in skool kwartale. Ons nooi elke kind uit tussen die ouderdom van 3 to en met graad 6 om by ons aan te sluit. Ons kinderkerk dienste is vol pret en woord gebaseer. Ons sien uit om jou en jou kind/kinders te ontmoet.

ONLANGS BYGEVOEG

Scroll to Top