
WIE IS ONS
Oor Ons
Die Lighuis AGS Gansbaai is ‘n Pinkster gemeente in die middedorp. Die gemeente is daarop gemik om mense in die gemeenskap te help om tot lewensvervulling in Christus Jesus te leef, deur die hulp van die Heilige Gees. Ons missie is om God te verheerlik deur families en individue te bereik en te bedien deur die krag van die eenvoudige Evangelie. Verder fokus ons om ń omgewing te skep waar die Here in gees en waarheid aanbid en geloof kan word. U word genooi om Sondagoggend dienste by te woon om die Here te loof en te leer ken saam met die Die Lighuis AGS Gansbaai span.

ONS VISIE
Om siele te wen en dissiples te maak
ONS DOEL
Om elke gelowige ‘n leier te maak
ONS BESIGHEID
Om effektiewe lewens te ontwikkel vir God se glorie
ONS EINDPRODUK
Veranderde Lewens

Ons Leier
Die Lighuis AGS Gansbaai se leier is Pastoor Emilia Swanepoel.
Pastoor Emilia is ‘n boorling van Gansbaai. Sy het ‘n sterk administratiewe agtergrond en is bykans 35 jaar reeds in voltydse bediening betrokke landwyd, sowel as internasionaal. Haar hart is om mense te bedien en om nuwe hoop aan mense op alle vlakke van die samelewing te bring met die boodskap van Jesus Christus.
Pastoor Emilia het gestudeer by VEK Berea Teologiese Kollege, sowel as AGS Teologiese Seminarium Aucklandpark.
Na 23 jaar is sy weer terug in Gansbaai waar sy begin het.
Aan haar sy bedien haar dogter Pastoor Lee-Ann Swanepoel. Saam is hul ‘n goeie span en het ”n hart om ‘n verskil en Impak in Gansbaai te maak.
